Sunday 12 February 2012

My Malva Pudding Resep


`n Maklike, vinnige, smullekker resep:


Deeg Bestanddele:
  • 1 koppie suiker
  • 1eier
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 knypie sout
  • 1 eetlepel botter
  • 1 teelepel asyn
  • 1 koppie melk
Sous Bestandele:
  • 1 koppie room
  • 125g botter
  • 1 koppie suiker
  • 1/2 koppie warmwater

Metode:

Deeg:
Klop die eier en die suiker goed saam.  Voeg die appelkooskonfyt by.  Sif die meel, koeksoda en sout saam.  Smelt die botter en voeg die asyn by.  Voeg die res van die vloeistowwe by die eier mengsel en voeg dan nie meel by.  Klits goed saam en bak in `n oondbak by 180 grade C vir 45 min tot `n uur tot donker goudbruin. 

Sous:
Smelt die sous se bestanddele saam net voor die pudding uit die oond uit kom.  Gooi die warm sous onmiddelik oor die pudding sodra dit uit die oond uitgehaal word, sodat die pudding die sous kan intrek.

Bedien warm of koud voor saam met roomys en vars room / `n blikkie Ideal melk

4 comments:

  1. Mmmm, wie sal ooit jou lekker Malva pudding vergeet!! Baie dankie dat jy dit met ons deel.

    ReplyDelete
  2. Danki oom Johan. Hy is pas in die oond. Gaan ons trommel duk eet. Heerlik!!! X3 aangemaak.

    ReplyDelete
  3. Love this receipt thank you so much

    ReplyDelete